ohmusica schreef:
- Hoewel Gert Vlok Nel so Suid-Afrikaans soos sonskyn in die Karoo of sagte reën op die Tuinroete is, toer hy die afgelope klompie jare baie meer in die buiteland. Sy werk word in sekere Nederlandse kringe vergelyk met dié van Bob Dylan.Met een album en een digbundel het hy hoogtes bereik waarvan die meeste Afrikaanse kunstenaars slegs kan droom. Nou, veertien jaar en baie internasionale toere later, is die tyd reg vir sy lang verwagte opvolgalbum. Wees deel van ’n intieme produksie met topmusikante Schalk Joubert (baskitaar), Vernon Swart (tromme), Albert Frost (kitaar), Laurinda Hofmeyr (klawers en sang) en Nicole Holm (sang) en word weggevoer deur die bittersoet lirieke. - Aardklop
Geweldig leuk commentaar. Wat een prachtige taal is dat ZA toch. Mijn favo land. Ben een liefhebber van Herman van Den Berg (Proe die Aarde) maar ga zeker op zoek naar deze Gert Vlok Nel. Ben benieuwd.